Apie terug na sy huis toe

Skotse owerhede het ‘n weghol-apie met sy eienaars herenig nadat die diertjie op ‘n treinstasie naby Glasgow gevind is. Scotrail het ‘n kennisgewing op sosiale media geplaas nadat die marmoset-apie by die Cambuslang-treinstasie gevind is, en ‘n beroep op sy eienaars gedoen om na vore te kom. Britse media berig die operateur het getwiet dat hy oor die jare heen met verlore telefone, handsakke en brille te doen gehad het, maar die aap was beslis ‘n eerste. Die gesin is ‘n paar uur later opgespoor en die rondlopertjie is weer huis toe geneem.