Shivute gesels oor NamRA se goeie prestasie

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het tot dusver die helfte van sy teikeninkomste vir die huidige boekjaar ingesamel en is op koers om 50 miljard Namibiese dollar te bereik sou ekonomiese omstandighede konstant bly. Van 1 April tot 31 Augustus het NamRA ‘n netto inkomstebedrag van 25 miljard dollar ingesamel. Die agentskap was teen September verlede jaar 36 miljard dollar in onbetaalde belasting geskuld. NamRa-kommissaris Sam Shivute het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Shivute sê die betaling van belasting is uiters belangrik om die regering in staat te stel om dienste te kan lewer.