Shin Shin se babas stoot aandele die hoogte in

Toe Shin Shin dragtig word het aandele in nabye restaurante die hoogte ingeskiet met een wat ‘n 30 persent verhoging in sy aandeelprys beleef het. Nie seker waaroor ons aangaan nie? Shin Shin is ‘n pandabeer in Tokio se Ueno-dieretuin en sy het vanoggend geboorte aan ‘n tweeling gegee. Die babas is ‘n eerste vir Ueno en weeg ongeveer 124 gram elk. Wanneer pandabere tweelinge het borsvoed hulle gewoonlik net een so die dieretuin sal altyd een van die kleintjies in ‘n broeikas hou sodat altwee borsmelk kan ontvang. Toe haar swangerskap aangekondig is het beleggers onmiddellik aandele in nabye restaurante aangekoop en daarom die styging in die aandeelpryse.