Zambezi wil nie ent nie

Terwyl die voormalige president Hifikepunye Pohamba en sy vrou Penexupifo vandag hulle eerste covid-inenting ontvang het, sukkel die goewerneur van Zambezi, Lawrence Sampofu om inwoners van sy streek te oorreed on die inenting te neem. Volgens berigte het die streek die laagste intentingsyfers in die land. Oor meer as twee maande is daar slegs 1 787 inentings gegee met 479 inwoners wat ten volle geënt is. Sampofu sê daar is verskeie veldtogte maar, mense luister na fopnuus wat veral op sosiale media versprei word. Hy sê kultuur en geloof het geen negatiewe impak om inentings nie.