Stoom werk baie goed, meen dokter

Die voortslepende stryd teen Covid-19 het Namibiërs en almal regoor die wêreld genoop om iets te probeer vind wat die virus beveg of genees. In Namibië probeer mense alles en stoom is een van die metodes. Die vraag is, is stoom medies deur dokters goedgekeur? Kosmos 94.1 Nuus het die plaaslike mediese praktisyn dr. Danie van Vuuren sy mening oor stoom gevra.