Shikongo vat môre oor, optog in hoofstad vandag

Die verandering van bevel van die Namibiese polisie môre plaas wanneer generaal-majoor Joseph Shikongo die leisels by luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga as nuwe inspekteur-generaal van die Nampol sal oorneem. Dit vind by die Israel Patrick Iyambo Polisiekollege in die hoofstad plaas. Vandag sal daar ‘n straatoptog vanaf nege-uur tot elf-uur die oggend in die hoofstad vanaf Katutura tot by Nampol se hoofkwartier plaasvind.