EU se energiemark kort ingryping

Die Europese Unie maak gereed vir ‘n noodingryping in sy energiemark om skerp prysstygings af te bring. Elektrisiteitspryse in Europa het hemelhoog geklim sedert Rusland se inval in Oekraïne. Moskou het verlede jaar 40 persent van die EU se gas voorsien. Duitsland en Oostenryk is van die lande wat saamstem dat die gas-prys geskei word van dié van elektrisiteit in die groothandel. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê die energiemark moet herstel word: