Shikongo se ongeluksdossier terug na polisie toe

Die kantoor van die aanklaer-generaal het die dossier oor die noodlottige ongeluk waarin die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, betrokke was, teruggestuur na die polisie toe. Die ongeluk het op 30 Desember verlede jaar plaasgevind en drie mense is op die pad tussen Ondangwa en Oshikango dood. Ingevolge die wet, moet Shikongo vir strafbare manslag en roekelose bestuur ondersoek word. Die aanklaer-generaal vra die polisie om aan sekere voorskrifte te voldoen en die dossier moet teen 15 Desember terugbesorg word.