Mediese fondse struikel, bakleiery duur voort

Terwyl plaaslike media berig dat die Namibiese vereniging van mediese fondse, bekend as Namaf, sê dat 96 persent van mediese fondse die risiko loop om ineen te stort, sê die privaatpraktisyns-forum dat Namaf hom uiters oneties gedra. Volgens die berigte oor Namaf, sê sy uitvoerende hoof, Steven Tjiuoro, dat 77 persent van fondse die jaar reeds dringend aandag moet kry met net 3 persent van alle fondse, nege in totaal, finansieel gesond is. Intussen sê die forum dat Namaf mediese praktisyns herhaaldelik aanval en daarvan beskuldig dat hulle bedrieglik is en fondse misbruik. Die forum sê verder die fondse verhoog bydraes, soos die 10 persent vir volgende jaar, en verminder voordele.