Ndeitunga baklei vir weiding in Angola

Die groeiende aantal beeste in die Ohangwena-streek is besig om ‘n las te word vir plaaslike boere wat te midde van die heersende droogtetoestande steeds sukkel om geskikte weidingsvelde te vind. Dit is van die faktore wat Namibiese beesboere noop om weigebiede in Angola te gaan soek, soos hulle nog altyd gedoen het. Angolese boere het egter begin om weivelde af te kamp en die beeste te verjaag. Kosmos 94.1 Nuus het met Sebastian Ndeitunga, goewerneur van Ohangwena, gepraat wat sê hy hoop om ‘n gesprek met die goewerneur van die Cunene-provinsie in Angola te hê oor die kwessie.