Shikongo reageer op Venaani se veediefstal klagtes

Die hoof van die Namibiese polisie inspekteur-generaal Joseph Shikongo het gereageer op ‘n twiet van die leier van die PDM McHenry Venaani wat sê hy sal ‘n brief aan Shikongo stuur oor veediefstal en die rol van lede van die mag in die misdaad. Venaani sê veediefstal raak ‘n winsgewende bedryf. Shikongo, wat tans in die Zambezi-streek is presies as gevolg van die uiters hoë voorkoms van veediefstal en oorgrens smokkelary daar, sê operasies duur landwyd voort.  

Shikongo is bekend vir sy pro-aktiewe benadering tot misdaad. Toe hy nog adjunk-hoof was het hy landswyd met boere vergader oor presies Venaani se klagtes.