Swakara-industrie vergader

Die Swakara-industrie het sy industrie-forum vergadering op Keetmanshoop gehou. Louisa Campbell van Lovedale Farming sê die pelsbedryf is nie internasionaal aan die daal nie. Die bedryf is tot op sy knieë gedwing tydens die pandemie. Daar is ook weer volgende jaar Maart ‘n veiling en produsente bly hoopvol dat pryse sal herstel. Campbell gesels met Kosmos 94.1 Nuus.