Shikongo beloof om brandstofsmokkelary hok te slaan

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy, terwyl hy in die Noorde was, self opgemerk het hoe oop en bloot onwettige brandstof vanuit Angola die land ingesmokkel word. Hy sê dit is waar die oorgrens-operasie, informeel bekend as Operasie Ngungula omdat dit die noemnaam vir die brandstof is, gebore is. Shikongo sê sy beamptes sal saam met die Angolese polisie werk.