Telecom sê opskorting van dienste weens wanbetaling word gereeld toegepas

Telecom Namibia het bevestig alle onbetaalde rekenings word op ‘n maandelikse basis opgeskort. Die aankondiging het hewige kritiek op sosiale media uitgelok met verbruikers wat meen die maatskappy moet sy kliënte, veral in Januarie, oorsien. Die maatskappy het nie bekend gemaak hoeveel hy geskuld word nie en ook nie gesê hoeveel, en watter kliënte, geraak sal word nie. Hy het ook sy kliënte gemaan om korrekte inligting op betalings te verskaf, wat die rekeningnommer insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndapewa Neshila, Telecom se waarnemende korporatiewe kommunikasiehoof, gepraat.