Misdaadsyfers in Stad Kaapstad lyk belowend

Die Stad Kaapstad sê sy openbare noodkommunikasiesentrum het verlede week ‘n daling in interpersoonlike geweld, gesinsgeweldsake en motorvoertuigongelukke aangeteken. Beamptes in die stad het 207 verdagtes gearresteer en 74 662 boetes uitgereik tydens hul weeklikse operasies. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê hulle het ook ‘n effense afname in die aantal inhegtenisnemings ervaar, heel waarskynlik as gevolg van beamptes wat ander sake in verband met beurtkrag moet bestuur: