Mariental-burgemeestersfonds skop met sport af

Die Mariental-burgemeestersfonds het afgeskop met reeks aktiwiteite wat daarop gemik is om fondse in te samel om hulle in staat te stel om die behoeftige koshuis van die dorp by te staan. Die burgemeester van die dorp, Sherien Kock, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die dorp hou ‘n sportdag met verskeie spanne wat van die omliggende plaaslike owerhede ingekom het.