Shiimi verduidelik buitelanders in TransNamib

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, wat ook in beheer is van openbare ondernemings ná die aftrede van oud-minister Leon Jooste, het vandag in die Nasionale Vergadering vrae van die NEFF-parlementslid Ipumbu Kalimbo geantwoord oor buitelanders wat in diens en op die bestuur van TransNamib is. Shiimi verduidelik dat daar net een buitelander in die TransNamib-raad is wat permanente verblyfreg het, terwyl die ander ses opleiding gee en nie werknemers van TransNamib is nie.