Oudpresident Zuma misluk weer in hof

Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma het nog ‘n keer misluk met ‘n hofaansoek. Die Konstitusionele Hof het sy betoog van die hand gewys dat die voormalige hoof van die Appèlhof ‘n fout gemaak het toe sy sy versoek vir die verwydering van Billy Downer as hoofaanklaer in sy korrupsieverhoor geweier het. Die land se hoogste hof het eenparig bevind Mandisa Maya het nie ‘n growwe regsdwaling begaan nie. Sy is intussen as adjunkhoofregter aangestel. Zuma moet weer op 17 Oktober in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn vir die hervatting van sy korrupsieverhoor.