Shiimi oorweeg belastingverligting vir armes

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sê daar word sterk oorweeg om die drempel vir inkomstebelasting op te stoot na inkomste van 100 000 Namibiese dollar ‘n jaar. Op die oomblik is verdienste van 50 000 dollar jaarliks gevrywaar van inkomstebelasting. Maar, hy voeg by dat sy ministerie steeds van mening is dat dit nie die regte tyd is om enige belasting-aanpassings in te stel wat ekonomiese herstel kan kniehalter nie. Die regering maak staat op die vordering van inkomste- en ander belasting om sy begrotingstekorte aan te spreek.