Shiimi fokus op openbare ondernemings

Finansminister Ipumbu Shiimi het weer kommer uitgespreek oor konflik en binnegevegte by sommige openbare ondernemings en onbevoegde of onervare raadslede, wat volgens hom die bereik van gestelde doelwitte belemmer. Hy het afgevaardigdes van openbare ondernemings toegespreek by die opening van ‘n driedaagse konferensie om die beste bestuurs- en prestasiemodelle te bepaal om ‘n goeie korporatiewe bestuursraamwerk en hoëprestasie-kultuur te verbeter. Shiimi was ook teleurgesteld in sommige ondernemings wat nie hul finansiële state ingehandig het nie, en stel ‘n nuwe benadering voor om die sektor te verbeter.