Bestaansboere het modernisasie nodig

Die 17de Multi-dissiplinêre Spanvergadering van die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie se streekkantoor vir Suider-Afrika is tans aan die gang in Johannesburg. Die vyfdaagse vergadering, wat tot Vrydag duur, het as tema “Bevordering van innovasie en beleggings vir ‘n veerkragtige en mededingende agro-industriële sektor en landbouvoedselstelseltransformasie in Suider-Afrika.” Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Theo de Jager, voormalige president van die Wêreldprodusente-organisasie, gepraat oor die belangrikheid van die vergadering.

De Jager deel ook wat hy hoop die uitkoms sal wees, veral met die bekommernisse wat hulle het.