Lewer uitstekende dienste, raadslede – Uutoni

Die landelike ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, doen ‘n beroep op plaaslike owerheidsraadslede om Namibiërs van uitstekende dienslewering te voorsien en om, wanneer hulle in hul amp is, hul politieke affiliasies te skrap sodat hulle die broodnodige dienste aan kiesers kan lewer. Hy versoek ook die raadslede om nie by rade se administrasiesake in te meng nie. Uutoni het gepraat tydens die amptelike opening van die driedaagse konferensie vir Goeie Regering, Leierskap en Projekbestuur in Ongwediva. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het in die hoof-toespraak gesê plaaslike owerhede speel ‘n leidende rol in die bevordering van sosio-ekonomiese ontwikkeling deur doeltreffende dienslewering te verseker.