Shifeta spreek sy medelye oor vliegongeluk uit

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het namens die toerisme-sektor sy medelye uitgespreek aan die naasbestaandes van die slagoffers van Dinsdag se vliegtuigongeluk by Impalila-eiland in die Zambezi-streek. Al vyf mense aan boord, die jong Suid-Afrikaanse vlieënier, Nicole Mienie, en die Duitse Rings-gesin van vier lede, is dood. Shifeta het ook sy medelye met die Duitse gemeenskap en Duitsland uitgespreek wat die grootste toerismemark vir Namibië is.