Petroleum-ekonoom verduidelik aandeelhouding van olie- en gas-eksplorasie

Die Namibiese  Mynbou-ekspo en -konferensie vind tans in die hoofstad plaas waar ‘n gespreksprogram fokus op die ontdekking van olie en gas in Namibië. Sedert die ontdekking van hierdie natuurlike hulpbronne, is baie bespiegel oor wie hierdie hulpbronne besit en wat Namibië as ‘n land hieruit kan baat. Jonas Amukende, petroleum-ekonoom van die ministerie van myne en energie, verduidelik waarom die regering slegs 10 persent aandeelhouding deur Namcor in hierdie soort projekte ontvang.