Tienerseun in hoofstad doodgery

‘n Tienerseun is vanmiddag in Hosea Kutako-rylaan in die hoofstad doodgery. Die seun is ‘n leerder van die Pionier Seunskool. Die bestuurder is ‘n 39-jarige man. Die seuns se naasbestaandes is van sy dood ingelig. Superintendent Celie Kapolo van Windhoek Stadspolisie waarsku motoriste om spoedbeperking in die stad te gehoorsaam.