Shell bestudeer uitspraak oor Wildekus-ondersoeke

Die oliereus Shell sê hy sal die uitspraak oor die seismiese ondersoek aan die Wildekus in die Oos-Kaap bestudeer en daarvolgens die volgende stappe beplan. Die Makhanda Hooggeregshof het ‘n besluit van die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, om aan Shell eksplorasiereg te gee, tersyde gestel. Omgewingsgroepe het by die hof aansoek gedoen om die seismiese ondersoek, wat na hul mening die omgewing onherstelbaar sal beskadig, te keer. Hulle het ook kommer uitgespreek dat olie- en gaseksplorasie tot klimaatsverandering sal bydra.