Iran sê hy het konstruktief geantwoord, VSA sê nee

Iran sê hy het wat hy as konstruktiewe reaksie beskryf, gestuur op Amerikaanse voorstelle wat daarop gemik is om Teheran se 2015-kernkragooreenkoms met wêreldmoondhede te laat herleef. Volgens berigte het die kommunikasie nie ‘n positiewe reaksie in die VSA uitgelok nie. Amerikaanse owerhede sê hulle het die skrywe ontvang maar sê daar is gapings. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie. Sou die ooreenkoms weer in werking gestel word kan Iran se olie weer in die wêreldmark verkoop word. Oud-president Donald Trump het in 2015 uit die ooreenkoms onttrek en sanksies op Iran se olie geplaas.