Teen-misdaad operasies moet weer op die been gebring word

Misdaad neem regoor die land toe en is oral ‘n uitdaging. Soo ook op Rundu. Die sekretaris-generaal van die All People’s-party Vinsent Kanyetu, het ‘n beroep op die weermag gedoen om Rundu te patrolleer. Kanyetu sê misdaad neem skerp op die dorp toe en daar is eenvoudig te min polisiebeamptes. Hy is ook van mening dat die spesiale operasies wat voorheen deur Nampol en die NDF landswyd gehou is, weer in werking gestel moet word.