Shell-hoof: Belas energie-maatskappye meer

Shell se uittredende uitvoerende hoof, Ben van Beurden, sê regerings behoort energie-maatskappye waarskynlik meer te belas om die armstes te beskerm teen stygende elektrisiteits- en gasrekenings. Hy het aan die Energie-intelligensieforum gesê dit sal die lewenskoste-krisis help verlig. Van Beurden sê regeringsingryping deur belastingverhoging in die energie-sektor is nodig. Volgens hom moet regerings mark-kenners raadpleeg oor wat hulle kan doen om in te gryp, en wat nie. Van Beurden verlaat Shell die einde van die jaar.