IMF: Gemiddele inflasie sal in 2022 tot 6,4% styg

Volgens die Internasionale Monetêre Fonds, die IMF, sal gemiddelde inflasie in Namibië in 2022 tot 6,4 persent styg en in 2023 begin afneem. Die Namibiese ekonomie sal na verwagting vanjaar met drie persent groei, gevolg deur 3,2 persent in 2023, het die IMF vanmiddag tydens ‘n virtuele perskonferensie aangekondig. Reële BBP-groei sal ondersteun word deur diamant-, goud- en uraanproduksie, en die herstel van die toerisme-sektor. Giorgia Albertin, hoof van die IMF-missie…