Drie verdagtes vir moord op Duitse toeris geïdentifiseer

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, sê drie persone van belang is identifiseer in verband met die moord op ‘n Duitse toeris naby die Kruger-wildtuin in Mpumalanga. Hy het op die misdaadtoneel gesê die verdagtes is nog nie aangekeer nie. Cele het ook bevestig die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, het die familie van die slagoffer, Jörg Schnarr, op die OR Tambo-lughawe ontmoet. Cele het bevestig verskeie gevalle van roof op toeriste is onlangs naby die Numbi-hek aangemeld.