Sharjah filmfees herdenk tien jaar

Voorbereidings is aan die gang vir die tiende jaarlikse Sharjah internasionale filmfees vir kinders en die jeug wat volgende week plaasvind. Dit is in 2013 die eerste keer aangebied en is die eerste fees in die Verenigde Arabiese Emirate en omliggende streek wat uitsluitlik aan kinders en die jeug toegewy word. Die direkteur, Sheikha Jawaher bint Abdullah Al Qasimi, sê terwyl hulle die einde van hul  tiende jaar nader, kyk hulle terug op ʼn dekade van inspirerende vertelkuns, kulturele uitruiling en die bevordering van vrede en verdraagsaamheid deur die rolprentmedium.