Shannon se broer reël protesaksie

Dennis Wasserfall die broer van wyle Shannon Wasserfall is besig om ‘n vreedsame protes-optog te reël teen die borgaansoeke van die twee verdagtes in haar moordsaak, Azaan Madisa en Steven Mulundu. Hulle sal weer op 31 Mei in die hof op Walvisbaai verskyn. Volgens Dennis Wasserfall is die finale reëlings vir die protesaksie nog nie afgehandel nie.