NamWater verbeter finansiële posisie

NamWater se inkomste het met 3,2 persent in die 2019-2020 finansiële jaar toegeneem. Die watervoorsiener se inkomste het met 52 miljoen Namibiese doller gestyg na 1,677 miljard doller. Volgens die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Abraham Nehemia verbeter NamWater se finansiële posisie jaar op jaar en netto ekwiteit het met 7 persent versterk. Bates het met 2 persent versterk en laste het met 0,2 persent afgeneem. Die impak van die pandemie en heersende ekonomiese toestande wek wel kommer vir die invordering van geld.