20 jaar sedert Ellispark tragedie

Kaizer Chiefs se Voorsitter, Kaizer Motaung, het die Ellispark-stadion tragedie van 2001 in herinnering geroep. Dit is vandag 20 jaar gelede sedert die stormloop wat die lewe van 43 ondersteuners geëis het. ‘n Wedstryd tussen Chiefs en Orlando Pirates het tot verskeie skarebeheer-kwessies aanleiding gegee toe meer as 30 000 mense méér as die voorgeskrewe getal probeer het om die stadion binne te kom. Motaung het die gebeure as die land se ergste sportongeluk beskryf: