Shaningwa is boos vir Kawana oor gay-huwelike

Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, het vanmiddag uitgevaar teenoor die minister van binnelandse sake Albert Kawana, oor sy ministerie se aankondiging dat hy die beslissing van die hooggeregshof oor gay-huwelik-gades sal nakom. Die ministerie sê hy sal buitelanders in sulke huwelike volgens die land se immigrasiewette in verband met heteroseksuele huwelike, erken. Shaningwa, tot die vermaak van die huis, sê Kawana moes Swapo se beslissing ter tafel gelê het. Sy sê daar is reuse-implikasies vir die land.