Drie vas in Walvis vir beplande in-transito rooftog

Die polisie op Walvisbaai het groot sukses behaal met ‘n beplande in-transito rooftog wat beplan was. Drie verdagtes is in hegtenis geneem na hulle ingejaag is. Die Volkswagen Polo waarin die drie gereis het, is volgens die mag ‘n gehuurde motor met vervalste nommerplate. Drie stelle nommerplate is ook naby die voertuig gevind met die verdagtes wat ditvermoedelik uit die motor gegooi het toe die polisie hulle uiteindelik in Kuisebmond ingejaag het. Die mag sê ‘n ondersoek toon dat die nommerplate van geparkeerde voertuie af gesteel was. Die drie word aangekla van sameswering om roof te pleeg sowel as die oortreding van nommerplate steel en om ‘n voertuig te bestuur met vervalste nommerplate. Al drie verdagtes is Namibiese burgers, en is 30, 31 en 34 jaar oud.