Shangula sê strenger Covid-maatreëls kan kom

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het in die Nasionale Vergadering gesê die regering probeer nóg ‘n inperking vermy, maar mag dalk gedwing word om strenger Covid-19-maatreëls in te stel. Hy het vanmiddag op ‘n vraag van Nudo se LP, Joseph Kauandenge, geantwoord wat wou weet of die land op nóg ‘n inperking afstuur.