Gyselaarsdrama in Durban ontlont

In die buurland het KwaZulu-Natal se polisie vanmiddag daarin geslaag om ‘n gyselaarsdrama in Anton Lembedestraat in Durban onder beheer te bring. Luidens berigte het ‘n voormalige staatsamptenaar geld geëis wat glo aan hom geskuld word. Hy was glo gewapen en het ‘n ploftoestel gehad. Niemand is in die voorval beseer nie, berig Suid-Afrikaanse media.