Moenie ons lede dwing om in te ent nie – Solidariteit

Solidariteit in Suid-Afrika sê dit is eenvoudig onwettig vir ‘n werkgewer om eensydig ‘n werknemer te dwing om teen Covid-19 ingeënt te word en daar kan selfs aangevoer word dit maak inbreuk op elke indiwidu se reg tot liggaamlike integriteit. Die vakbond is van mening daar is sekerheid in die opdrag deur die Departement van Indiensneming en Arbeid dat dit werknemers se reg is om die entstof te weier. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, sê hy sal nie huiwer om werkgewers hof toe te neem as hulle werknemers ontslaan wat verkies om nie ingeënt te word nie.