Rundu se riool loop oor

Inwoners van Rundu kla oor die rioolstelsel wat oorloop by die dorp se grootste inkopiesentrum in die sentrale kerngebied. Nuusagentskappe berig dat die stelsel gereeld verstop en rou riool in die strate loop. Die dorp se Skakelbeampte Benjamin Makayi sê die dorpsraad werk reeds aan die probleem en ‘n span is ontplooi om ondersoek in te stel. Makayi sê daar is uitdagings omdat kliënte van kitskos winkels kos in die dreine stort van die blokkasie veroorsaak. Sou die probleem nie opgelos word nie sal die gesondheidsinspekteur optree. Die bestuur van die sentrum het bevestig dat hulle inspeksies aangevra het en ook gevra dat oortreders beboet word.