Shaleen: familie sê dis te vinnig om oorsaak van dood te bepaal

Die familie van die Suid-Afrikaanse aktrise Shaleen Surtie Richards sê sy het verskeie gesondheidsprobleme gehad en dis te gou om oor die oorsaak van haar dood te bespiegel. Die legendariese aktrise se liggaam is in ‘n gastehuis in Kaapstad gevind waar sy gebly het terwyl sy aan die TV-reeks Arendsvlei gewerk het. Daar was eers berig dat sy in haar huis in Johannesburg oorlede is. In ‘n verklaring het haar familie allerhande gerugte, soos dat sy haar eie lewe geneem het, ontken. Hulle sê sy het hartprobleme gehad en aan diabetes gelei en voeg by dat hulle op die nadoodse ondersoek se uitslag wag.