Sewes se voorbereiding verloop goed

Die Springbok-Sewesspeler Ronald Brown sê hy geniet dit om deel te wees van die groep en om by die senior spelers te leer. Die groep het twee weke gelede in Johannesburg met hul voorbereidingskamp vir die Olimpiese Spele begin. Dié dekverdediger en die losskakel Lubabalo Dobela is die enigste nuwelinge in die Blitsbokgroep en hoop om deel van die Olimpiese span te wees. Brown sê dit is maklik om ‘n bydrae te maak as hy by spelers soos Justin Geduld en Branco du Preez kan leer: