Geslagsgeweld, 16 Dae van Aktivisme, en Namibië se skole

Die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld duur voort. Die Namibiese onderwysministerie het beleid in plek om hulle by te staan om geslagsgeweld in skole hok te slaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Edda Bohn gesels oor hoe ‘n veilige en gesonde omgewing vir leerders verseker word.