Seweduisend mense binne sewe dae in Wes-Kaap deursoek

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, verwelkom berigte van beamptes van die wetstoepassingbevorderingsplan se sukses in sigbare polisieteenwoordigheid in misdaad-brandpuntgebiede. ‘n Woordvoerder, Wade Seale, sê meer as 7 000 mense is binne sewe dae in brandpuntgebiede soos Delft en Nyanga deursoek. Altesaam 63 inspeksies is by drankhandelaars uitgevoer om mense vas te trek wat op die perseel drink. Seale sê Fritz glo hulle is besig om die oorlog te wen.