Geen Covid-sterfgevalle, 23 nuwe gevalle in NamibiëOctober 11, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het geen sterfgevalle en 23 nuwe Covid-gevalle uit 1 424 toetsuitslae aangekondig, wat ‘n positiewe koers van 1,6 persent verteenwoordig. Ses leerders van verskillende skole het positief getoets. Daar is nou 1 023 aktiewe gevalle, waarvan 63 in hospitale is en tien in intensiewesorgeenhede. Altesaam 208 661 mense is ten volle ingeënt. Die adjunkminister, dr. Esther Muinjangue, verskaf die jongste syfers.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *