Christine Mboma is Kavango-Oos se malaria-ambassadeur

Namibiese Olimpiese naelloper Christine Mboma is as Kavango-Oos se malaria-ambassadeur aangewys. Kavango-Oos is een van die streke wat die ergste deur malaria geraak word met 1 122 malaria-gevalle en drie sterftes Streeksgoewereneur Bonifatius Wakudumo, het vandag Mboma se sertifikaat as ambassadeur aan haar oorhandig. Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Mboma stel ‘n goeie voorbeeld vir die Namibiese jeug.