Sewe nuwe Covid-gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het sewe nuwe Covid-gevalle uit 1 523 toetse bevestig, wat ‘n positiewe koers van 0,5 persent verteenwoordig. Die enkele gevalle is regoor die land versprei. Daar is 12 pasiënte wat herstel het wat aktiewe gevalle tot 124 te staan bring. Elf pasiënte is gehospitaliseer met drie in hoësorg. ‘n Totaal van 283 758 persone is ten volle ingeënt.