Keniaanse atleet se man pleit onskuldig op haar moord

Ibrahim Rotich, die man van die vermoorde Keniaanse Olimpiese atleet Agnes Tirop, het vandag onskuldig gepleitt in die hof. Rotich, 41, het psigiatriese evaluering ondergaan voor hy gepleit het. Dit is nie bekend wat die uitslag was nie. Tirop is by haar huis op 13 Oktober dood aangetref met ‘n steekwond in haar nek. Rotich sal op 1 Desember ‘n formele borgaansoek bring. Kenia het, nes Namibië, groot uitdagings met geslagsgeweld. Ongeveer 40 persent van die land se vroue ervaar dit op ‘n gereelde basis.