NLU: Glimband-stelsel vir rondloperdiere gaan nie in Namibië werk

Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws sê die glimband-stelsel wat die Limpopo-regering ingestel het vir rondloper diere is nie plaaslik ‘n oplossing nie. Limpopo het glimbande geskenk aan boere vir rondloper plaasdiere soos beeste om sodoende padveiligheid oor die feestyd ‘n hupstoot te gee. Gouws sê boere moet eerder vervolg word.